Go to BOOK SA home
19 Mar 2010

BOOK SA – Reviews

@ BOOK Southern Africa

Archive for the ‘Poetry’ Category

Gert Coetzee resenseer Begging to be Black deur Antjie Krog

March 19th, 2010 by Carolyn

Begging to be BlackUitspraak: wortel

Antjie Krog het baie teenkanting gekry vir haar boek Begging to be Black, maar “die eerlikheid en deeglikheid waarmee sy die onderwerp aanpak, is bewonderenswaardig”.

Só skryf Gert Coetzee in ‘n resensie in Volksblad. Hy meen die boek gaan daaroor “om te probeer verstaan hoe en hoekom swart mense is wie hulle is en dink soos hulle dink”.

Volgens Coetzee lewer die boek ‘n belangrike bydrae tot die debat oor ras, identiteit, nasiebou, diversiteit, versoening en herstellende geregtigheid in ons land.

Elke boek deur Antjie Krog, een van Suid-Afrika se handjie vol internasionaal gerekende skrywers, is ’n happening.

Ook Begging to Be Black, ondanks die bohaai wat dit ná bekendstelling (om die verkeerde redes?) ontketen het.

Dit is die boek waarin sy haarself as ’n wit Suid-Afrikaan in die plek van ’n swart Suid-Afrikaan in ons land met sy veelbewoë rasverlede stel.

Dus, hoe vir ’n witte om jouself swart te verbeel, swart te probeer word.

Boekbesonderhede

 

Zandra Bezuidenhout resenseer Bloot mens deur Jelleke Wierenga

March 9th, 2010 by Carolyn

Bloot mensUitspraak: wortel

Jelleke Wierenga is ‘n wonderlike nuwe aankomeling op die Afrikaanse poësietoneel, met die “vernyn van ‘n steekvlieg”.

Só skryf Zandra Bezuidenhout in ‘n resensie van Wierenga se debuutbundel Bloot Mens op Die Burger se Boekeblok. Wierenga skep ‘n “herkenbare wêreld in algemene spreektaal” in haar poësie. “Die brandpunte is vir almal ter sake.”

Wierenga noem ‘n ding op sy naam en sy probeer nie paai nie. Die manier waarop sy sake verwoord is miskien ‘n bietjie te skerp en direk, maar tog is haar aanslag verfrissend.

en nog styf van bal en boud gegim / handel die geldbedeelde jongoumanne / koel forex-transaksies per bluetooth af / saam met opgeskerpte iPhone-vroutjies (“Lyflike”)

Liefhebbers van sagte vlinderpoësie mag Jelleke Wierenga se debuut nogal geniepsig vind, want sy dig met die venyn van ‘n steekvlieg. Tog, wanneer die spreker haar angeltjie terugvou, staan sy weerloos en naak; sy is “bloot mens” en “kaal” soos in die gedig “Kantwerk” – hoewel die uitdagende gezoem nie noodwendig bedaar nie. Danksy hierdie spel met teendele besit die bundel ‘n eiesoortige trefkrag.

Boekbesonderhede

 

Gert Coetzee resenseer Begging to be Black deur Antjie Krog

March 8th, 2010 by Jani

Begging to be BlackUitspraak: wortel

Elke boek deur Antjie Krog, een van Suid-Afrika se handjie vol internasionaal gerekende skrywers, is ’n happening.
Ook Begging to Be Black, ondanks die bohaai wat dit ná bekendstelling (om die verkeerde redes?) ontketen het.

Dit is die boek waarin sy haarself as ’n wit Suid-Afrikaan in die plek van ’n swart Suid-Afrikaan in ons land met sy veelbewoë rasverlede stel.

Dus, hoe vir ’n witte om jouself swart te verbeel, swart te probeer word.

Boekbesonderhede

 

Riana Scheepers resenseer Die Huis van die digter en ander liefdesverhale deur Hennie Aucamp

March 5th, 2010 by Carolyn

Die Huis van die digter en ander liefdesverhaleUitspraak: wortel

Riana Scheepers dink nie dat Die huis van die digter, Hennie Aucamp se jongste bundel kortverhale, sy tour de force is nie, maar daar is steeds verhale in die bundel wat haar platslaan.

“Vintage-Aucamp”, die verhale van ‘n meesterskrywer, is steeds in die bundel te vind. Scheepers skryf in ‘n resensie op LitNet dat verhale soos “Droë meer” en die titelverhaal haar boei. “Dit staan uit soos ’n grinterige diamant.”

As hy op sy beste is, span Aucamp “al die flambojante eienskappe van die kortverhaal” in. Daarom meen Scheepers sy verhale sal vir altyd bly staan.

Altyd as ek ’n leeskring moet toespreek of ’n lesing of praatjie moet gee oor die kortverhaal as genre, dan raak ek vooraf in vervoering oor dié uitdagende, verbluffende genre. Die kortverhaal, by uitstek, leen hom tot veelkantigheid en diversiteit. ’n Kortverhaal kan kort, kórt wees, soos Hemingway se beroemde kortverhaal van net ses woorde, en dit kan lank, lánk wees, soos Elise Muller se ouer verhale en die meer kontemporêre verhale van Helena Gunter se twintig bladsye en meer. Die kortverhaal kan verkleurmannetjie speel en enigiets wees: poësie en joernalistiek, New Journalism en sci fi; dit kan wasig romanties en stuitig volks wees; dit kan kliphard realisties en outobiografies, of eteries en fantasties wees. Dit kan geskiedenis wees of fiksie. Daar waar die skrywer se vlugte hom of haar maar wil neem, daar is die kortverhaal ’n gewillige en plooibare meedoener aan die vreugde.

En soos dit nou maar gaan tydens ’n lesing of ’n praatjie, moet daar toepaslike voorbeelde gegee word. En taks en tyd gebeur dit dat die Ou Grote van die kortverhaal, Hennie Aucamp, as demonstrasiemodel moet dien. Want ja, daar is sekerlik nie ’n enkele nuanse van die kortverhaal wat hy nog nie ingespan het nie. Liefdesverhaal, spookstorie, ruige volksverhaal, outobiografiese vertelling, verblindende literêre verhaal, dit is alles daar. Nog altyd. Steeds. En al die netjiese reëls wat soms so gerieflik aan ’n nuwe kortverhaalskrywer voorgehou word as synde die ABC van die kortkuns te wees, dit is van toepassing, ja, maar ook dié ondermyn hy met groot stelligheid en sukses.

Boekbesonderhede

 

Danila Liebenberg resenseer Een hart deur Johannes Prins

February 25th, 2010 by Carolyn

Een hartUitspraak: wortel

Jo Prins se digbundel Een hart, sal een-vir-een aan elke hart raak wat dit lees.

Só skryf Danila Liebenberg in ‘n resensie van die bundel in Volksblad. Die “hart” van die titel verwys na ‘n kaartspel, maar ook na “die letterlike hart van die mens en die kwesbaarheid daarvan”. Laastens verwys dit ook na die liefde.

Liebenberg meen dit is ‘n “besonderse debuut” wat “toeganklik” geskryf is.

Wit-kwesbaar-sag. Hierdie samevoeging wat op bl. 52 in die digbundel een hart staan, onderlê die strekking van Johannes Prins se debuutpublikasie.

Kwesbaarheid doen dit voor van die eerste gedig, waar die uitgelewerdheid van die boer in Suid-Afrika ondubbelsinnig verwoord word. Die boodskap van uitgelewerdheid word versterk deur die verdere repliek van die digter in dieselfde vers met die woorde: “my verse is uitgelewer”.

Soos die hart en sy sake reeds van die eerste vers in die bundel eksplisiet betrek word deur die verwoording van die kwesbaarheid, só word die hart vir die res van die eerste helfte van die bundel op veral geïmpliseerde wyse bygeroep. Van die tweede helfte van die bundel, beginnende by brugrubriek op bl. 33, word die hart egter eksplisiet in woorde en ook in die letterlike vorm van die woord betrek.

Boekbesonderhede

 

Moira Lovell Reviews Holding Pattern by Gus Ferguson

February 5th, 2010 by Jani

Holding PatternVerdict: carrot

ON August 12, 2009, Gus Ferguson received, from the English Academy of Southern Africa, a gold medal in recognition of his enormous contribution to poetry.

Not only is he himself a celebrated poet and cartoonist but he has been responsible for publishing and promoting the work of numerous local writers and is the editor of the poetry journal, Carapace.

Book Details

 

Louise Viljoen Resenseer Oogensiklopedie deur Gilbert Gibson

February 1st, 2010 by Jani

OogensiklopedieUitspraak: wortel
-

Sedert sy betreklike laat debuut op ouderdom 42 met die bundel Boomplaats in 2005 het die digter Gilbert Gibson homself bewys as ’n toegewyde en produktiewe digter. Sy tweede digbundel, Kaplyn, het in 2007 verskyn en sy derde, Oogensiklopedie, aan die einde van laas jaar.

Die titel Oogensiklopedie is ’n besondere vonds vanweë al die betekenismoontlikhede wat dit vir die digter inhou. Die verwysing na die oog maak ’n mens bewus van die rol wat letterlike sig speel, maar ook die figuur- like vermoë om dit wat gesien word te begryp.

Boekbesonderhede

 

Grace Kim Reviews Strange Fruit by Helen Moffett

January 28th, 2010 by Sophy

Strange FruitHelen MoffettVerdict: pomegranate

This review of Helen Moffett’s Strange Fruit is definitely a carrot but the reviewer’s nostalgia for the strange fruit on the book’s cover means it’s a also a “pomegranate”.

I remember the first time I saw a pomegranate – it fell from our neighbour’s tree, and cracked open on the hard pavement below, a few feet from where I was standing with friends. Curious, we all stepped a bit closer to this strange fruit. Someone gingerly kicked it, and as it rolled away, a handful of pomegranate seeds escaped in a sudden burst of colour. I’d never before seen such a beautiful, delicious-looking burgundy pink, and a sudden hunger gripped me, but as none of us quite knew what to do with it, or whether it was edible, we all left it until consultation with my mom, older and wiser, revealed that it was definitely something we could eat. Since then, I’ve always associated it with flavour, irony, uncertainty, beauty, exoticness, and strangeness. Perhaps it’s apt, then, that this fruit finds itself similarly cracked open on the front page of Helen Moffett’s altogether edible debut collection, Strange Fruit, which contains a range of tones and themes.

Book Details

Scribd.com book preview:

Strange Fruit

 

Joan Hambidge resenseer Oogensiklopedie deur Gilbert Gibson

January 26th, 2010 by Carolyn

OogensiklopedieUitspraak: wortel

Oogensiklopedie is ‘n interessante titel vir ‘n digbundel, maar dit is baie gepas vir Gilbert Gibson se nuutste werk.

Soos ‘n werklike ensiklopedie, werk die digbundel met woorde en betekenisse. Joan Hambidge skryf in ‘n resensie op LitNet: “Die verduidelikings/endnote help die leser om die gedig oop te maak en as’t ware vanuit die digter se bedoeling te lees.”

Die beeld van ‘n oog word herhaaldelik gebruik en daar is talle kruisverwysings na ander werke. Hambidge interpreteer hierdie verwysings, wat volgens haar die bundel in ‘n “ryk tapisserie” omskep.

Gilbert Gibson het vanaf sy debuut met Boomplaats (2005) die aandag getrek as ’n opwindende digter wat op ’n slim wyse met intertekste werk. Toe kom die tweede bundel, Kaplyn (2007) en hy maak van die intertekstuele spel iets verregaande en uitdagend. Hy verskaf vooraf woorde – nee, eintlik spore – waarmee die leser die bundel moet benader. Daar is selfs ’n woordelys agterin om vreemd-klinkende en mediese woorde te help verklaar in die leesaksie wat ’n kaplyn is. (En ’n kaplyn is ’n boomgesleepte skoon stuk grond tussen twee vegtende lande, spesifiek met die bedoeling om spore wat op die kaplyn kruis, op patrollie raak te sien.)

Die jongste bundel heet Oogensiklopedie. Ons vind weer ’n woordelys wat begrippe verduidelik. Griffin lei ons na Ondaatje, die seun van Michael (wat op die voorblad verkeerd gespel word).

Boekbesonderhede

 

Joan Hambidge resenseer Kooi deur Alfred Schaffer

January 25th, 2010 by Carolyn

Alfred SchafferKooiUitspraak: wortel

Lesers moet soms Alfred Schaffer se gedigte weer en weer lees om sy bedoeling te snap, maar eindelik is dit die moeite werd, want Schaffer se beelde bly in die leser se kop draal.

Joan Hambidge skryf in ‘n resensie van Schaffer se bundel, Kooi, op Die Burger se Boekeblok dat Schaffer se gedigte bepaalde eise aan die leser stel. “Die leser word dus ingetrek by die skryfproses…En tog lees ons die gedig en skep ons eie verbintenisse met die beelde voor ons.”

Volgens Hambidge is dit ‘n “onthoubare leeservaring”.

Alfred Schaffer het bekendheid verwerf as ’n mede-samesteller van Nuwe Stemme (met Antjie Krog) en hy het indertyd rubrieke (soms omstrede) oor die Afri kaanse digkuns geskryf en sy spesifieke sienings van bewegings, modes en vernuwings aangestip. Hy was en is dus die blik van buite.

Die taksering van ’n bundel buite ’n mens se taalgemeenskap is altyd ’n ingewikkelde en terselfdertyd opwindende leeservaring. Die leser moet deur verskeie (lees)versperrings werk, soos taal- en tradisieverskille, ’n ander poëtika, Nederlands en Afrikaans se dikwels ooreenstemmende woorde waarvan die betekenisse subtiel verskil, en so meer.

Boekbesonderhede