Die moderne sprokiesboek is uiteindelik hier.
Só verwys Riana Scheepers na Linda Rode se nuwe sprokiesboek, In die Nimmer-Immer-Bos. Dié boek bring sprokies van regoor die wêreld byeen (nie net Europese sprokies nie) en sluit ook van Rode se eie verhale in.
Scheepers noem Rode die “supervrou” van kinderliteratuur en is veral beïndruk deur haar “byderwetse en klanknabootsende taalvermoë”.
Die Bybel skryf in Spreuke oor ’n wonderlike vrou, die deugdelike Mevrou, in Spreuke 31. Hierdie vrou is voortreflik in alles wat haar kloeke hand vind om te doen: Sy is hardwerkend, regverdig, slim, energiek en vrygewig. As sy haar mond oopmaak, dan kom daar wyse woorde uit. Die Bybel sê dit nie, maar dié mevrou was seker nog ’n voortreflike kok en minnaar óók, en natuurlik was haar kinders nooit gruwelik nie. Kortom, sy was ’n supervrou.
In die Afrikaanse kinderliteratuur het ons ook ’n vrou. Haar naam is Linda Rode. Slaan sy haar hand aan ’n teks, of dit nou in die rol van samesteller, redakteur óf skrywer is, dan kan die leser maar weet: die resultaat is ’n deeglike, slim, energieke, vrygewige, pragtige boek.
Boekbesonderhede
Please register or log in to comment