Omdat ek ook familie het (wie het nie deesdae nie?) wat vir ewig en altyd hul tasse gepak en oorsee gaan woon het, het ek onmiddellik aangetrokke tot hierdie boek gevoel. Miskien sou ek tussen die blaaie kon uitvind hoe dit régtig met hulle gaan, of hulle régtig gelukkig is daar in die vreemde.
Ek hét meer insig gekry! In hul aanpassings, hul frustrasies met die rompslomp van die ewige staatsdepartemente, soos Marita van der Vyver in haar stuk Papier rym met paniek skryf: “Op hierdie bloedige warm dag in Valence weier die vrou wat by die préfecture werk om vir my ’n tydelike verblyfpermit te gee as ek nie ’n maatskaplike versekeringsnommer het nie.
Boekbesonderhede
Please register or log in to comment