Go to BOOK SA home
19 Mar 2010

BOOK SA – Reviews

@ BOOK Southern Africa

Christie van der Westhuizen resenseer Begging to be Black deur Antjie Krog

December 22nd, 2009 by Carolyn

Begging to be BlackUitspraak: wortel

Antjie Krog se werk worstel met “witheid” – ‘n sosio-politiese bevoorregte posisie.

In haar nuutste boek, Begging to be Black, gebruik sy verskeie nie-fiksie tekste om “witheid” in ‘n post-apartheid Suid-Afrika te verken. Sy wys op die kapasiteit van swart mense vir vergifnis en hoe dit wit mense ongemaklik maak.

Christi van der Westhuizen, skrywer van White Power & the Rise and Fall of the National Party, skryf in ‘n resensie van die boek op Die Burger se Boekeblok, dat Krog neig om dieselfde karakter aan alle swart mense toe te dig. Sy werk dit egter teen met haar aanslag van “oop gesprek”.

Van der Westhuizen meen dat Krog ‘n meesleurende effek skep met die wisseling tussen verskillende tekste en dat sy die Engelse taal laat sing.

Die titel kom van Salman Rush die se The Satanic Verses waarin die karakter Mimi sê: “Don’t teach me about exploi tation . . . Try being jewish, female and ugly sometime. You’ll beg to be black.” Krog span verskillende tipes nie-fiksietekste in op soek na maniere waarop ’n ontwortelde wit identiteit in ’n konteks van ’n dominante swartheid nuut verbeel kan word.
Waar ander verwerkings van die huidige wit identiteits verwarring in Suid-Afrika dikwels poog om ’n onderdrukkende witheid tot eer tydse “glorie” te rehabiliteer, vlek Krog die “hart van witheid” oop in haar hunkering na nuwe wording.

Boekbesonderhede

Please register or log in to comment