Lesers met ’n sagte plekkie vir speurder-kaptein Bennie Griessel, een van die protagoniste van Infanta, sal bly wees om te hoor hy is nou 34 dae sonder alkohol al voel hy nog “die dranklus wat ontluik soos ’n skaam minnares” (bl. 39). Hy moet in Die perfekte moord sin maak van ’n selfmoordbrief wat vreemde bekentenisse bevat en hy kry hond se gedagtes.
En Lemmer van Onsigbaar is ook terug in die verhaal Karoonag waarin ’n plaasaanval ’n onverwagse wending neem en ’n internasionale geur kry. Dis ’n lekker skop-skiet-en-jaagstorie en die arme Lemmer skryf sy splinternuwe bakkie af omdat hy Lemmer se Eerste Wet oortree: Moenie betrokke raak nie…
Boekbesonderhede
Please register or log in to comment