Go to BOOK SA home
18 Mar 2010

BOOK SA – Reviews

@ BOOK Southern Africa

Izak de Vries resenseer Plaasmoord deur Karin Brynard

December 8th, 2009 by Carolyn

PlaasmoordUitspraak: wortel

Karin Brynard se debuutroman, Plaasmoord, is ‘n eg Suid-Afrikaanse storie.

Só meen Izak de Vries in ‘n resensie op LitNet. “Karin Brynard het ’n uitstekende roman geskryf oor ’n onderwerp wat baie, baie diep sny in ons Afrikaanse psige.”

Sonder om ‘n lesing te gee, skryf Brynard oor redes vir plaasmoorde en grondeise. Sy skep ‘n boeiende storie uit deeglik navorsing.

Die boek is nie bedoel om jou moedeloos te maak nie. Dit is volgens De Vries eintlik baie positief. Brynard “laat jou trots voel op onse mense – op die polisie en op ons Afrikaanse skrywers. Wragtig.”

Die storie

Die openingstoneel skok. Bert Beeslaar, die baasspeurder, word na ’n moordtoneel ontbied. Die slagoffers is ’n jong kunstenaar, Freddie Swarts, en haar vierjarige, aangenome dogter. Albei se kele is afgesny en Freddie se lang, blonde hare is in stomp happe afgeknip – voor sy doodgemaak is.

Dié voorval volg kort na twee skaapwagters ook wreed vermoor is tydens ’n reuse-veediefstal.

Bert Beeslaar en sy twee speursersante moet nou die fort hou, die moordenaars opspoor én die regse boere daarvan weerhou om amok te maak.

Book Details

Please register or log in to comment