Joan Hambidge stem nie saam daarmee dat Wynand Coetzer se debuutroman Skerpioen met die werk van Etienne le Roux vergelyk is nie.
“Waar Leroux met ’n mitologiese verwysing die storie ’n tweede betekenislaag gee, word die mitologiese stramien hier ’n belemmering.” Sy meen daar word te veel verwysings in die roman ingedruk, sonder dat dit met begrip gebruik word.
Maar lees ook die kommentaar wat die resensie op Die Burger se Boekeblok uitlok. Joan Hambidge – immers kontroversieël!
Op die buiteblad van hierdie debuut word die boek as ’n juweel van ’n roman aangeprys. Iewers het ’n resensent dit glo met Etienne Leroux vergelyk.
Ons beleef nou ’n tyd waarin Dana Snyman met Raymond Carver in dieselfde asem genoem word. Twee resensente het reeds hoog opgegee oor hierdie roman: Skerpioen van Wynand Coetzer en dis waarom ek dit gelees het.
Dit is ’n roman met ’n swaar mitologiese ballas wat die storielyn ondermyn eerder as verhelder. Daar is verwysings na die 1001 Nagte, die tarot, Freud, Lilith, Persiese towerspreuke, Die Boek van die Dood, Isis en Osiris, en wat nog. Karakters se name is Siegfried, Nimrod en Anahita.
Waar Leroux met ’n mito logiese verwysing die storie ’n tweede betekenislaag gee, word die mitologiese stramien hier ’n belemmering.
Boekbesonderhede
Please register or log in to comment