Go to BOOK SA home
14 Mar 2010

BOOK SA – Reviews

@ BOOK Southern Africa

Suzanne Bezuidenhout resenseer Gister is ‘n ver land deur Marlene Breytenbach

December 4th, 2009 by Jani

Gister is 'n ver landMalene BreytenbachUitspraak: wortel

Malene Breytenbach, bekend vir haar talle romanses, beweeg met Gister is ‘n ver land in ‘n ander en meer sombere rigting.

Só skryf Suzanne Bezuidenhout in ‘n resensie op LitNet. Die roman vertel die verhaal van die hoofkarakter Maureen se lewe in Kenia, Zimbabwe en Suid-Afrika. “Een van die besonderse aspekte van hierdie roman is juis die boeiende wyse waarop Breytenbach fiksie met werklike historiese gebeure verweef,” skryf Bezuidenhout.

Breytenbach vertel volgens haar nie net die “groot geskiedenis” nie, maar ook ’n “klein geskiedenis” van “’n vrou en haar dapper stryd om te midde van groot uitdagings en nóg groter verliese ’n tuiste in Afrika te probeer skep”.

“In my lewe was daar nooit permanensie nie, net ’n lang verblyf” (344) – só sê die hoofkarakter Maureen Sneddon Barnard in Malene Breytenbach se nuwe roman Gister is ’n ver land. Die tydelikheid van besit, liefde, verlies en die verwerking van trauma is van die hooftemas in Breytenbach se aktuele roman wat die leser op reis neem deur Afrika in al sy grootsheid en gewelddadigheid. Dié reis is nie net ’n verkenning van die Afrika-ruimte nie, maar tegelyk ’n kartering van Afrika se geskiedenis van geweld as gevolg van die drang om te besit en te heers. Deur Maureen se herinneringe aan haar verlede in Kenia en die destydse Rhodesië word die leser ook op ’n meer persoonlike reis geneem. Haar herinneringe word gekenmerk deur die ervaring van verlies. Deur Maureen se verlies van grond én van geliefdes word die tydelikheid en kortstondigheid van alle besit, ook die lewe, beklemtoon.

Boekbesonderhede

Image courtesy Lapa

Please register or log in to comment