Go to BOOK SA home
18 Mar 2010

BOOK SA – Reviews

@ BOOK Southern Africa

Erns Grundling Resenseer50 Stemme: Die grootste name in Afrikaanse musiek deur Ilza Roggeband

November 30th, 2009 by Jani

50 Stemme: Die grootste name in Afrikaanse musiekUitspraak: wortel

Jy kan vir lank kopkrap oor die meriete van sokkie-dans, troebadoer-folk, tranetrekker-ballades of gatskop-rock . . . maar oor een ding kan niemand stry nie: Afrikaanse musiek is gewíld.

Dit het die afgelope dekade ontwikkel tot ’n multimiljoenrand- bedryf: kyk maar na die top verkopers in Musica, die tien duisende mense wat jaarlike opruk na Skouspel in Sun City, die kykertalle vir Kurt se Jukebox op kyk NET, die oorheersende klankbaan op bykans elke fees reg oor die land . . .

Juis daarom is die tyd reg vir só ’n boek: ’n behoorlike bestek opname van vyftig invloedryke en besonder uiteenlopende rolspelers in Afrikaanse musiek – van die Briels en Groep Twee tot Brasse vannie Kaap en Fokof polisiekar.

Boekbesonderhede

Please register or log in to comment