Go to BOOK SA home
09 Feb 2010

BOOK SA - Reviews

@ BOOK Southern Africa

Willie Burger resenseer Verbeel jou dis somer deur Abraham de Vries

November 27th, 2009 by Jani

Abraham de Vries Uitspraak: wortel

In die kortverhaal “Ons dorp” uit De Vries se nuwe bundel, is die hoofkarakter ’n skrywer wat ’n lesing gee oor “die soort verhale wat ons streekverhale of kontreiverhale noem”. Tydens sy lesing dink hy: “Hy weet hoe verder hy vertel, hoe onduideliker raak die grens vir homself tussen storie en werklikheid, tussen hoop en geskiedenis, tussen die wêreld om hom en die wêreld in hom. Alle gevolgtrekkings is halwe waar hede wat berus op ’n keuse uit ’n miriade gegewens.”

Dit sou maklik wees om hierdie skrywer-karakter gelyk te stel aan De Vries. De Vries het immers ­bekendheid verwerf met sy Karoostories, sy verhale oor die plase en klein dorpe, die treine, die reisende sirkusse met hulle clowns, oor die verhoudings tussen plaasarbeiders en boere. Kortom: De Vries is die on betwiste meester van die streekverhaal in Afrikaans.

Boekbesonderhede

Please register or log in to comment