Go to BOOK SA home
19 Mar 2010

BOOK SA – Reviews

@ BOOK Southern Africa

Thys Human resenseer Santa Gamka deur Eben Venter

November 26th, 2009 by Carolyn

Santa GamkaEben VenterUitspraak: wortel

Die vertellerstem van die karakter Lucky Marais in Eben Venter se nuwe roman, Santa Gamka, sal nog lank in die Afrikaanse prosa eggo.

Só skryf Thys Human in ‘n resensie in Rapport. “Sonder om te preek, te sentimentaliseer of te stereotipeer, kry Venter dit reg om ’n onthoubare en oortuigende “stem” aan sy hoofkarakter te gee”.

Human meen Santa Gamka is die begin van ‘n nuwe fase in Venter se skryfwerk. “Meer lyflik en minder serebraal. Die klem val op karakter en die aanslag is ligter (hoewel geensins ligsinnig nie)”. Human dui op die vele intertekste in die roman en dink duidelik dit is ‘n goeie toevoeging tot die Afrikaanse letterkunde.

Wanneer die wind in die slot paragraaf van dié ongenaakbare roman deur die murasie van die plaasopstal stoot “asof daar nooit ’n mens gewoon het nie”, klink dit na die afsluiting van ’n bepaalde fase in sy skryfwerk/oeuvre.

Met sy sesde roman, Santa Gamka, betree hy doelbewus ’n nuwe fase. Meer lyflik en minder serebraal. Die klem val op karakter en die aanslag is ligter (hoewel geensins ligsinnig nie). Deels tragie-komies; deels tong-in-die-lies.

Boekbesonderhede

Please register or log in to comment