Go to BOOK SA home
18 Mar 2010

BOOK SA – Reviews

@ BOOK Southern Africa

Jaybee Roux Resenseer Naweek deur Toast Coetzer

November 26th, 2009 by Jani

NaweekUitspraak: wortel

Toast Coetzer is heeltyds joernalis vir WEG, mederedakteur van Ons Klyntji en liriekskrywer vir The Buckfever Underground. En dis net die sondes waarvan ons weet. Nou het hy die vermetelheid aan die dag gelê om ’n roman te skryf. Darem nie sonder leiding nie: Naweek is die jongste boek wat Etienne van Heerden se kreatiewe skryfkursus oorleef het.

Maanhaar Basson is aantreklik, fiks, intelligent, gewild en kan waaragtig sing ook. Hy is oorgelewer aan die waansin wat roem en rykdom bring, ’n gevoel van onaantasbaarheid. Naweek is nie morbied nie, maar dit ís ’n boek oor die donker kant van die lewe, die gekheid van jonkwees. Oor hoe een onvoorsiene oomblik die hel kan loslaat.

Boekbesonderhede

Please register or log in to comment