Daar is ‘n interafhanklikheid tussen die verhale in Riana Scheepers se kortverhaalbundel, Katvoet.
John Kannemeyer skryf in ‘n resensie in Rapport: “Dit is opvallend hoe sekere gegewens in een segment op ‘n ander wyse, en dikwels vanuit ‘n ander perspektief, in ‘n latere segment terugkeer.”
Kannemeyer vra die vraag of sommige van die verhale op hul eie kan staan, aangesien hulle byna soos episodes of sketse is.
Maar eindelik prys hy Scheepers se bundel en sê: “Dit is prosa wat die leser deur die fyn woordgebruik en die ritme bevredig.”
Katvoet is ’n titel wat ’n geluidlose en versigtige beweging, maar ook ’n wakker waaksaamheid suggereer en is Riana Scheepers se agtste versameling kortverhale en die eerste in tien jaar.
Die dekade tussenin was egter allermins leë jare, want naas die skryf van rubrieke en jeugboeke en die samestelling van bloemlesings het sy haar aktiwiteite uitgebrei na hulp aan minderbevoorregte skrywers. Dié sosiale deernis en meelewing het haar skryfkuns verruim.
Boekbesonderhede
Please register or log in to comment