Voëlvry was vir baie Afrikaners ‘n bevrydende ervaring, maar vir Koos Kombuis was dit ook traumaties.
Só skryf Andries Bezuidenhout in ‘n resensie op Die Burger se Boekeblok. Kombuis het nog nie in sy vorige outobiografiese boek, Seks & Drugs & Boeremusiek, kans gesien om in detail daaroor te skryf nie, maar het dit nou in Die tyd van die kombi’s aangepak.
“Bowenal gaan die boek oor die persoonlike koste wat groot figure in die wêreld van populêre kultuur soms betaal. Dit gaan oor dwelms en perspektief,” skryf Bezuidenhoud. En hy meen dit is belangrik vir die nuwe generasie om dié boek te lees.
Hulle sê dieselfde berg kan heel anders lyk, afhangende van die rigting waaruit jy dit besigtig. Dis nou 20 jaar ná die Voëlvry-toer waarin die musikante Johannes Kerkorrel, André Letoit (nou bekend as Koos Kombuis) en Bernoldus Niemand (ook bekend as James Phillips), saam met hul bestuurder Dagga-Dirk Uys, geskiedenis in Afrikaanse musiek gemaak het.
Waar Voëlvry vir baie Afrikaners van my geslag ’n bevrydende ervaring was, is dit steeds vir Kombuis ’n traumatiese tydperk van sy lewe. Met Die Tyd van die Kombi’s gee Kombuis ons ’n blik op sý kant van die saak. “Want ek was daar. In die tyd van die Kombi’s,” skryf hy. In sy vorige outo biografiese werk, S eks & Drugs & Boeremusiek (2000), het hy steeds nie kans gesien om in besonder hede daaroor uit te brei nie.
Boekbesonderhede
Please register or log in to comment