In haar debuutroman, The Elephant in the Room, spreek Maya Fowler baie meer as net eetversteurings aan. “Sy vang die psige van ’n jong buitestaander op ’n roerende wys vas.”
Só skryf Izak de Vries in ‘n resensie van die boek op sy LitNet-blog. Hy meen die boek moet in elke skoolbiblioteek en elke tienermeisie se kerskous wees.
The Elephant in the Room is volgens De Vries “‘n donker teks vol makabere humor”. Hy raai baie sterk aan: “Lees dit.”
Ek wil julle graag bekendstel aan een van die beste debute wat ek in ’n baie lang tyd gelees het.
Maya Fowler se roman The Elephant in the Room is ’n donker teks vol makabere humor.
Ek het die frase “There is an elephant in the room” vir die eerste keer gehoor toe ek ’n Amerikaanse projekbestuurder aangestel het om ’n groot stuk werk vir die Departement Onderwys af te handel. Wat die olifant was, sal ek liefs nie sê nie, maar ek was geïnteresseerd in die komvandaan van hierdie frase. (Ek het dit opgespoor, lees gerus self. Daar is onder ander ’n puik stuk van Bansky te sien op dié webwerf.)
In het korte beteken die frase daar iets is wat bespreek móét word, maar niemand wil dit aanraak nie. Die “olifant” word dus geïgnoreer en almal maak of dit nie daar is nie. Dit is présies waaroor Maya se boek gaan.
Book Details
Scribd.com book preview:
Please register or log in to comment