Go to BOOK SA home
09 Feb 2010

BOOK SA - Reviews

@ BOOK Southern Africa

Lucelle Hough resenseer As almal ver is: Suid-Afrikaners skryf huis toe deur Danie Marais

November 4th, 2009 by Carolyn

As almal ver is: Suid-Afrikaners skryf huis toeUitspraak: wortel

As almal ver is, ‘n bloemlesing waarin skrywers hul ervarings in die buiteland deel, het sy oorsprong by Danie Marais se voorlesing van sy gedig, “Liefde, groete”, by die Aardklop-kunstefees.

Dié gedig, wat Marais geskryf het oor sy suster se moontlike emigrasie, het Erika Oosthuysen van Tafelberg Uitgewers, so geroer dat sy Marais gevra het om dié boek saam te stel.

Lucelle Hough skryf in ‘n resensie op LitNet: “Vir elke soort leser – van oud tot jonk, akademikus tot rocker, Suid-Afrikaanse Suid-Afrikaner tot Suid-Afrikaanse emigrant – is daar in hierdie boek iets van alles”. Die boek is volgens haar als behalwe eentonig, weens die skrywers se “vermoë om hul stories op unike manier te vertel”.

Met nagenoeg ’n miljoen Suid-Afrikaners wat sedert 1995 die land verlaat het, is dit eintlik verrassend dat die druppeltjies Suid-Afrikaanse diaspora-literatuur nie reeds tot ’n stroom ontwikkel het nie. Dit blyk dat Suid-Afrikaners wat hulle in die vreemde bevind, ’n behoefte het om daaroor te skryf – dit word duidelik gesien in die massas blogs wat direk op die diaspora-identiteit betrekking het (vergelyk die aantal bydraes op LitNet se Expats-afdeling en Dark Raven se South African Diaspora-blog).

Daar is wel ’n klein tradisie van Afrikaanse literatuur wat van oor die water in Suid-Afrika verskyn, soos die werk van die internasionale burger Breyten Breytenbach en Eben Venter wat uit Australië skryf. Danie Marais gaan bewustelik met die emigrant-tema om in sy debuutbundel, In die buitenste ruimte (2006, Tafelberg), waarin hy skryf oor sy Duitse ervaringe vanuit sy Suid-Afrikaanse identiteit.

Book Details

Please register or log in to comment