Mahmoud Darwish (Darwiesj) (1941 tot 2008) was ’n leier in die Palestynse bevrydingstryd en ’n belangrike karakter binne die Arabiese letterkunde.
Hierdie gedig van Breytenbach is ’n lykdig of ’n treurvers. En bekend aan die struktuur van die soort vers word ’n bekende gestorwene vereer. Hier dan deur ’n mededigter wat in sowel Afrikaans as Engels met die digter praat, sy vriend en toeverlaat. ’n Digter wat, soos die spreker, ’n stryder was binne ’n politieke arena. Die gedig is ’n oorblyfsel, ’n naskrif, ’n nawoord. Dit is egter ook op Engels ’n voice over, ’n filmiese term waarin die stem die storie interpreteer vanuit die agterna-perspektief.
Die bundel getuig van Breytenbach se besonderse beeldvermoë: Die maan is soos ’n mandolien, maar ook maagdelik vol (8), terwyl die aangesprokene se skedel soos ’n skip is. Daar is dan ’n volgehoue spanning tussen beweging en stolling, tussen die hier en nou. Breytenbach se gedurfde vermoë om telkens grense te verskuif, is eweneens hier aanwesig. Die leser is deurgaans bewus van die verlies wat deur die gedig spreek.
Boekbesonderhede
Please register or log in to comment