Go to BOOK SA home
16 Mar 2010

BOOK SA – Reviews

@ BOOK Southern Africa

André Wessels Resenseer People’s War deur Anthea Jeffery

October 28th, 2009 by Jani

People's War: New light on the struggle for South AfricaUitspraak: wortel

Die waterskeidingstoespraak wat mnr. F.W. de Klerk op 2 Februarie 1990 in die parlementsgebou in Kaapstad gelewer het, het die geskiedenis van die Republiek van Suid-Afrika (RSA) in ’n ander rigting gestuur, maar ongelukkig nie ’n einde aan die geweld (wat toe reeds etlike jare hoogty gevier het) gebring nie. Waar ongeveer 1 000 mense per jaar tussen 1985 en 1989 gesterf het, was die geweldsterftesyfer meer as 3 400 per jaar tussen 1990 en 1994. Boonop was die oorgrote meerderheid van die mense wat ná 2 Februarie 1990 in geweld omgekom het, nie Suid-Afrikaanse veiligheidspersoneel (soldate en polisie) nie, maar burgerlikes – en meestal swartes.

Boekbesonderhede

Please register or log in to comment