Die boek het as tema die skrikwekkende verhaal van die mees gevreesde man in Suid-Afrika in die tydperk 1960 tot 1978 – Lang Hendrik van den Bergh. Van den Bergh was die briljante hoof van die veiligheidspolisie en ’n gerespekteerde persoonlikheid onder die Koue Oorlog-spioene. Dit is dié man wat met verloop van tyd by magte was om ’n indrukwekkende intelligensienetwerk op te bou.
Die skrywer, Alan Elsdon, is ’n voormalige veiligheidspolisieman.
Hy het hom in 1973 by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aangesluit waar hy met verloop van tyd in verskeie hoedanighede diens gedoen het, onder meer as deel van die narkotikaburo en die sentrale ondersoekafdeling. In 1977 sluit hy hom as kriptograaf by die veiligheidspolisie aan.
Boekbesonderhede
Please register or log in to comment