“Maar toe daal die hel op my neer: ’n Meisiekind met ’n wit Golf ry my TMax onder my gat uit. Kan die f*kken vroumens nie kyk waar sy ry nie!” (Ben du Toit) Dit is dié soort juweeltjies wat jy in Die Bikeboek, ’n versameling kortverhale oor motorfietse en hul ryers, kry, want in die boek word ’n ding gesê soos hy is…
Die Bike-boek is deur Tobie Wiese saamgestel en bevat bydraes van bekendes en minder bekendes, skrywers en nie-skrywers en selfs van mense wat nie motorfiets ry nie! Maar een ding het al die stories in gemeen: Dit gee jou ’n kykie in die wêreld van motorfietsryers en gou besef jy as uitgewekene in die geledere dat motorfietsry ’n bekoring vir baie mense het wat jy nie sommer by kar-mense sal aantref nie. Daar is nie verniet ’n stekie of twee na die vierwielrygoed of eerder hul bestuurders wat nie altyd die nodige respek en eerbied vir dié op tweewiele het nie.
Boekbesonderhede
Please register or log in to comment